Aandag onderwysers! Is daar ’n leerder of miskien drie voor jou in die skoolbanke wat moontlik tydens sy of haar toesprake goeie redenaarsvaardighede toon? Wil jy graag hierdie vaardighede bevorder op ’n maklike en prettige manier?
Die Dink of Sink-skoledebatkompetisie vir hoërskoolleerders is beslis die oplossing!

Nou hoe is dit die oplossing? Dink of Sink is anders as enige ander debatkompetisie in Suid-Afrika, omdat dit ’n onvoorbereide debatkompetisie is.

Dié debatkompetisie fokus daarop om Afrikaans onder hoërskoolleerlinge te bevorder, goeie kommunikasievaardighede te kweek en om die jeug van vandag aan te moedig om ingelig oor aktuele sake te wees.

Klik hier vir meer inligting oor hoe jou skool aan die grootste grootpraterkompetisie in die land kan deelneem!

Borge

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!