Kompetisiedatums vir 2021

 

Die suidstreek:

Die suidstreek behels die Oos-, Noord- en Wes-Kaap, en uitdunne vir dié streek vind op 7 Mei 2021 by Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad plaas. Ons mediavennoot in die suidstreek is Die Burger.

Die verre noordstreek:

Die verre noordstreek behels Limpopo en uitdunne vind op 10 Junie 2021 by die Hoërskool Merensky in Tzaneen plaas. Ons mediavennoot in die verre noordstreek is Beeld.

Die sentraalstreek:

Die sentraalstreek behels die Noord- en Noordoos-Kaap, en die Vrystaat, en uitdunne vind op 5 Augustus 2021 by die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein plaas. Ons mediavennoot in die sentraalstreek is Volksblad.

Die noordstreek:

Die noordstreek behels Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes, en uitdunne vind op 12 Augustus 2021 vir die junior kategorie en op 13 Augustus 2021 vir die senior kategorie by die Hoërskool Montana in Montana, Pretoria plaas.

 

Die nasionale finaal vind op 3 Oktober 2021 in Pretoria plaas.

  • Kontak Gert Visser by gvisser@dfmalan.co.za vir ’n inskrywingsvorm vir die suidstreekuitdunne by Hoërskool DF Malan.
  • Kontak Erika Steyn by erika@oranjemeisies.co.za vir ’n inskrywingsvorm vir die sentraalstreekuitdunne by C&N Sekondêre Meisieskool Oranje.
  • Kontak Nicolene Müller by nicolene.muller@afriforum.co.za vir inskrywings vir die noordstreek by die Hoërskool Montana en die verre noordstreek by Hoërskool Merensky.
  • Kontak Ernest Swanepoel by ernestswanepoel23@gmail.com vir inskrywings vir die verre noordstreek by Hoërskool Merensky.

Pryse:

  • Streekswenners ontvang elkeen ’n geraamde sertifikaat en trofee, asook ’n R500-geskenkbewys.
  • By die nasionale finaal ontvang wenners elkeen ’n R1 000-geskenkbewys.
  • Wenskole ontvang ook elkeen ’n studiebeurs van Akademia, die Solidariteit Beweging se tersiêre instansie, vir ’n leerder van hul keuse.

 

Kontak Nicolene Müller by nicolene.muller@afriforum.co.za met enige navrae of om inskrywingsvorms vir die betrokke uitdunne te kry.

 

Dink of Sink word met trots aangebied in samewerking met:

  • Beeld
  • C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
  • Die Burger
  • Hoërskool D.F. Malan
  • Hoërskool Merensky
  • Hoërskool Montana
  • Pro-Ed Akademie
  • Volksblad

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!