Virtuele Dink of Sink-debatskompetisie

Weens die COVID-19-krisis is die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir 2020 gekanselleer.

In die gees van die Dink of Sink-kompetisie wil AfriForum in samewerking met Dink of Sink se gasheerskole en mediavennote die inisiatief voortsit deur ’n virtuele debatskompetisie aan te bied.

Die doel van die virtuele debatskompetisie is om leerders steeds die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. ’n Opname van die debat sal aan AfriForum Onderwys gestuur word, waarna ’n wenspan deur ’n paneel beoordelaars aangewys sal word. Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang.  Die junior en senior span wat met die hoogste punte uit al die spanne eindig, sal ook met ’n ekstra prys beloon word.

Hoe werk dit?

 

Stap 1:

’n Skool skryf soveel junior (gr. 8 en 9) en senior (gr. 10-12) spanne in soos hulle wil.

Let wel, skole gaan teen hulself kompeteer, dit wil sê, twee junior spanne van bv.: Hoërskool Montana gaan teen mekaar debatteer en dieselfde met die seniors.

Die inskrywing en deelname is steeds heeltemal gratis.

Stap 2:

Voltooi die inskrywingsvorm op Dink of Sink se webblad:

https://www.dinkofsink.co.za

Sodra die inskrywingsvorm suksesvol gestuur is, sal julle ’n unieke onderwerp ontvang.

Onthou om solank te loot voordat julle die onderwerp kry.

Registrasie moet plaasvind net voor die debat gaan plaasvind.

Stap 3:

Sodra beide spanne weet wat die onderwerp is en wie inleidend en opponerend gaan debatteer, kan die vyf minute voorbereidingstyd begin.

Met die aanvangs van die vyf minute voorbereidingstyd moet die video-opname van die debat ook begin.

Maak seker die selfoon waarmee die debat opgeneem word, se fotofunksie is gestel op die landskap-oriëntasie (“landscape setting”).

Die opname van die debat verloop presies soos die werklike debat sou plaasvind. Daar moet ook ’n debatleier wees – wat ’n leerder of afrigter kan wees – om die oorgange tussen die standpunte en die debatsgesprek te reguleer.

Die formaat en tydsaanduidings bly presies dieselfde as die normale Dink of Sink-formaat.

https://www.dinkofsink.co.za

Geen debat behoort langer as 30 minute te wees nie.

Spanne kan hul debat tussen 1 Junie 2020 en 30 November 2020 opneem en instuur.

Die debat kan tydens ’n pouse opgeneem word of ’n halfuur ná skool, of enige tyd wat geleë is vir die spanne en afrigter/onderwyser. Kies dus ’n dag en tyd, vul die inskrywingsvorm in, ontvang jul unieke onderwerp en begin met die debat!

Let wel: Spanne wat teen mekaar gedebatteer het, mag net een keer deelneem bv.: Hoërskool Eldoraigne, junior span 1 – Karla, Johan en Bianca TEEN Hoërskool Eldoraigne junior span 2 – Sarel, Monique en Piet.

Span 1 mag weer teen span 3 van Hoërskool Eldoraigne deelneem en span 2 mag weer teen span 3 of 4 van Hoërskool Eldoraigne deelneem, maar span 1 en 2 mag net een keer teen mekaar deelneem.

Stap 4:

Sodra die debat klaar opgeneem is, kan dit deur middel van die skakel op die webblad aan AfriForum Onderwys gestuur word.

Geen debatopname mag geredigeer word nie. Ons soek die rou produk.

Stap 5:

Die uitslae van die wenspanne asook die junior en senior debatspan met die meeste punte sal op Maandag 7 Desember 2020 bekendgemaak word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!