Virtuele Dink of Sink-debatskompetisie

Weens die COVID-19-krisis is die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie vir 2020 gekanselleer.

In die gees van die Dink of Sink-kompetisie wil AfriForum in samewerking met Dink of Sink se gasheerskole en mediavennote die inisiatief voortsit deur ’n virtuele debatskompetisie aan te bied.

Die doel van die virtuele debatskompetisie is om leerders steeds die geleentheid te gee om aan debatvoering deel te neem. ’n Opname van die debat sal aan AfriForum Onderwys gestuur word, waarna ’n wenspan deur ’n paneel beoordelaars aangewys sal word. Elke wenspan sal heerlike pryse ontvang.  Die junior en senior span wat met die hoogste punte uit al die spanne eindig, sal ook met ’n ekstra prys beloon word.

Uitslae

Die junior en senior wenners van die Dink of Sink virtuele debats-kompetisie vir 2020 sal 7 Desember aangekondig word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!