Hoe werk dit?
- Universiteitstudente kan spanne van vier elk inskryf deur die inskrywingsvorm tussen 14 Februarie en 28 Februarie 2022 te voltooi.
- Teams-uitnodigings word na die spanleier se e-posadres gestuur.
- Spanne skakel in op die dag en tyd wat in die Teams-uitnodiging gegee word.
- Spanne ontvang die onderwerp en het dan een uur om voor te bereid. Die debat verloop verder presies soos die Britse parlementêre styl. Volg hierdie skakel om meer oor dié formaat te lees.
- Elke span voer tussen 8 en 22 Maart drie debatte oor drie weke.
- Die uitkloprondtes en die finaal vind op 2 April 2022 in die AfriForum Teater plaas.
- Die wenners ontvang gesogte kontantpryse:
Wenners: R3 000 per spanlid
Naaswenners: R2 000 per spanlid
Spesiale toekennings: R1 000
Beste spreker: R1 500