Dink of Sink- virtuele universiteitsdebatkompetisie

Die entoesiasme van hoërskoolleerders wat aan Dink of Sink deelneem, het so toegeneem dat ons in 2017 selfs ’n universiteitsbeen vir die kompetisie bygebring het.

Die Dink of Sink- nasionale universiteitsdebatkompetisie vind jaarliks tussen Maart en April plaas. Tydens hierdie kompetisie word die Britse parlementêre debatstyl gebruik en studente neem in spanne van vier deel.

In 2021 sal die kompetisie virtueel op Teams plaasvind. Die doel van die virtuele debatkompetisie is om studente steeds die geleentheid te bied om aan debat deel te neem. Studente skryf in spanne van vier in en sal dan weekliks op Maandae in Mei debatteer teen ander studente regoor Suid-Afrika in die gemak van hulle huis, koshuiskamer, kommune of selfs gunstelingkoffiewinkel.

Beoordeelstaat

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!