Dink of Sink- interne onvoorbereide universiteitsdebatkompetisie:

Die entoesiasme van hoërskoolleerders wat aan Dink of Sink deelneem, het só toegeneem dat ons in 2017 ook ’n universiteitsbeen vir die kompetisie geskep het.

AfriForum het vanjaar besluit om Dink of Sink- interne onvoorbereide debatkompetisies by elke universiteit of instelling aan te bied, om so veel moontlik spanne die geleentheid te gee om aan die debatkompetisie deel te neem. Hierdeur bemagtig ons studente om in Afrikaans te debatteer en die vaardigheid van debat te bemeester.

Die wenspan by die interne debatkompetisie sal deurdring na die finaal wat in Oktober in Pretoria sal plaasvind.

Tydens hierdie kompetisie word die Britse parlementêre debatstyl gevolg en studente neem in spanne van vier elk deel.

Kompetisieformaat

Britse Parlementêre

Britse debat is ‘n algemene vorm van akademiese debat. Dit word grootliks gebruik in die Statebond lande soos die Verenigde Koninkryk, Ierland, Kanada, Australië, Indië, die VSA en Suid-Afrika. Dit is die amptelik debatformaat vir die Engelse Wêreld Universiteite Debatkampioenskap en ‘n variase daarvan word gebruik met die nasionale Afrikaanse debatskompetisie. Toesprake is gewoonlike enige iets tussen 3 minute en 8 minute lank.

 

Terminologie

Omdat die styl se oorsprong kry in die Britse parlementêre prosedure word daar na die twee kante van die debat na verwys as die Regering en die Opposisie. Die sprekers het soortgelyke titels naamlik:

  1. Openingsregering (eerste span):
    1. Eerste Minister
    2. Adjunk Eerste Minister
  2. Openingsopposisie (tweede span):
    1. Leier van die Opposisie
    2. Adjunk-leier van die Opposisie
  3. Slotregering (derde span):
    1. Lid van die Regering
    2. Hoofsweep van die Regering
  4. Slotopposisie (vierde span):
    1. Lid van die Opposisie
    2. Hoofsweep van die Opposisie

(Alhoewel daar hoofsaaklik twee kante in die debat is beteken dit nie noodwendig dat hulle in dieselfde span is nie. Tegnies argumenteer twee spanne vir dieselfde saak maar hulle kompeteer teen mekaar in die breër debat.)

Die toespraakbeurte wissel tussen die twee kante en die volgorde van die debat is dus:

  1. Eerste Minister
  2. Leier van die Opposisie
  3. Adjunk-Eerste Minister
  4. Adjunk-Leier van die Opposisie
  5. Lid van die Regering
  6. Lid van die Opposisie
  7. Hoofsweep van die Regering
  8. Hoofsweep van die Opposisie

 

Rolle

Aangesien Britse Parlementêre debatte tussen vier spanne plaasvind en twee spanne aan dieselfde kant van die argument met deelneem is daar twee hoof kategorieë van rolle, naamlik die Openings spanne en die Sluitings spanne.

Openingspanne

Die eerste span van onderskeidelik die Regering en Opposisie staan bekend as die Eerste helfte. Hierdie spanne het hoofsaaklik vier belangrikke verantwoordelikhede in tradisionele Britse Parlementêre debat:

  • Bepaal duidelik definisies van die begrippe.
  • Open die saak vir jou kant van die argument.
  • Antisipeer of reageer op argumente van die teenkant.
  • Behou relevantheid na afloop van hulle toesprake deur punte van inligting.

Die openingspanne het die voordeel dat hulle kan die definiering van die debat kan behartig en bepaal. Dit verhoed die sluitingspanne om die definisie in hulle guns te verdraai tensy die aanvanklike definiering blatant onbillik of verkeerd was.

Sluitingspannes

Die twee stel van die twee spanne staan bekend as die Tweede helfte. Die verantwoordelikhede van die twee spanne is:

  • Stel die saak ontwikkeling of uitbreiding voort.
  • Vestig en behou relevantheid aan die begin van die debat.
  • Reageer op die argumente van die openingspanne.
  • Reageer op die saak ontwikkeling of uitbreiding van die ander sluitingspanne.

Bykomende tot hierdie is die rol van die Hoofswepe van beide kante om nie nuwe argumente te maak nie. Die verantwoordelikheid van die Hoofswepe is eerder:

  • Om te reageer op beide die teenkante se argumente.
  • Op die twee kante se holistiese sake op te som.
  • Om ‘n gevolgtrekking van hul eie kant se argument aan te bied.
  • Om die argumente van beide kante teenoor mekaar op te weeg en te argumenteer hoekom hul kant meer oortuigend was tydens die debat.

Punte van Inligting

Britse Parlementêre debat vereis van alle deelnemende sprekers om punte van inligting (PVI) te lig vir hul teenkant. Om ‘n punt van inligting te opper moet die spreker tydens ‘n teenkant se spreker se toespraak opstaan of hul hand in die lugsteek en wag totdat hul vraag aanvaar word. Indien die spreker ‘n punt van inligting aanvaar gee die spreker die vloer oor aan die een wat ‘n punt van inligting opper vir min of meer 15 sekondes vir daardie spreker om ‘n vraag te stel of om ‘n punt te maak.

PVI’s is belangrik in hierdie debatformaat omdat dit die geleentheid gee aan spanne wat reeds gepraat het of eers later praat om relevant te bly gedurende die hele debat. Die eerste asook die laaste minuut van elke spreker se toespraak word as beskermde tyd geag waartydens gee PVI’s gelig mag word nie.

 

Variasies

Daar bestaan talle variasies op hierdie bogemelde formaat.

Een van die mees bekende variasies is dit wat gebruik word by die Dink of Sink Universiteite-debatskompetisie en wat voorheen gebruik is by die ou ATKV Universiteite-debatskompetisie. Met hierdie variasie is daar slegs twee spanne wat deelneem aan die debat, naamlik die Regering en die Opposisie. Dus word die regering en die Opposisie nie verder in twee spanne verdeel nie. Die aanspreekvorme en ander reëls bly egter dieselfde.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!