Dink of Sink- interne onvoorbereide universiteitsdebatkompetisie:

Die entoesiasme van hoërskoolleerders wat aan Dink of Sink deelneem, het só toegeneem dat ons in 2017 ook ’n universiteitsbeen vir die kompetisie geskep het.

AfriForum het vanjaar besluit om Dink of Sink- interne onvoorbereide debatkompetisies by elke universiteit of instelling aan te bied, om so veel moontlik spanne die geleentheid te gee om aan die debatkompetisie deel te neem. Hierdeur bemagtig ons studente om in Afrikaans te debatteer en die vaardigheid van debat te bemeester.

Die wenspan by die interne debatkompetisie sal deurdring na die finaal wat in Oktober in Pretoria sal plaasvind.

Tydens hierdie kompetisie word die Britse parlementêre debatstyl gevolg en studente neem in spanne van vier elk deel.

Dink of Sink Universiteite wenners, naaswenners en beste sprekers 2017-2021

2017:

Wenners: Universiteit van Pretoria

Naaswenners: Universiteit van Pretoria

Beste spreker: Marno Swart (Universiteit van Pretoria)

 

2018:

Wenners: Noordwes-Universiteit

Naaswenners: Noordwes-Universiteit

Beste spreker: Clarindi Greeff (Universiteit van Pretoria)

 

2019:

Wenners: Eendrag Manskoshuis

Naaswenners: Noordwes-Universiteit

Beste spreker: Alten du Plessis (Eendrag Manskoshuis)

 

 

2021:

Wenners: Noordwes-Universiteit

Naaswenners: Universiteit van Pretoria

Beste spreker: Louis Boshoff (Noordwes-Universiteit)

 

 

2020:

Afgestel weens Covid-19

 

 

 

 

2022:

Wenners: Noordwes-Universiteit

Naaswenners: Studenteplein 1

Beste spreker: Henri van der Westhuizen (Studenteplein 1)

Beste taalgebruik: Ernst Pieterse (Studenteplein 1)

Beste navorsing: Waldo Pienaar (Studenteplein 2)

 

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!